Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 32

:
Afrikaans - ABA
1 'n Koning sal reg regeer en regverdig wees, hy en sy amptenare.
2 Elkeen van hulle sal wees soos 'n afdak teen die wind en harde reën. Hulle sal wees soos strome water in 'n droë land, soos die skaduwee van 'n groot rots in 'n land waar dit baie warm is.
3 Dan sal die van almal wat kan sien, nie meer toe wees nie, en almal wat kan hoor, sal dan luister.
4 Die mense wat ongeduldig was en wat nie goed wou luister nie, sal dan luister en verstaan, en die mense wat gehakkel het, sal goed kan praat.
5 Niemand sal dan 'n dwaas is 'n goeie mens of 'n skurk is 'n belangrike mens nie.
6 Want dwase mense praat nonsens en hulle dink net aan sonde. Hulle doen slegte dinge en hulle praat leuens oor die Here. Hulle gee nie kos vir honger mense nie, hulle gee nie water vir mense wat dors is nie.
7 Skurke is altyd besig om slegte dinge te doen. Hulle maak skelm planne en hulle lieg om probleme te gee vir mense wat hulleself nie kan help nie, vir arm mense wat niks verkeerd gedoen het nie.
8 Maar 'n goeie mens dink watter goeie dinge hy kan doen en hy beskerm die goeie mense.
9 Vroue, julle wat nou lekker lewe en oor niks bekommerd is nie, julle moet luister na wat ek sê:
10 Julle lewe nou lekker, maar oor 'n jaar sal julle bewe, want daar sal nie druiwe wees om te pluk nie.
11 Julle lewe nou lekker, julle is oor niks bekommerd nie, maar julle moet bang wees en bewe, julle moet julle klere uittrek en julle moet rouklere aantrek.
12 Julle moet met julle vuiste op julle bors slaan en huil oor die mooi lande en die vrugbare wingerde.
13 Julle moet huil oor die land van my volk, oor die huise waar almal vrolik was, oor die stad waar almal feesgevier het, want dit is vol dorings en bossies.
14 Ja, daar is niemand in die koning se huis nie, die stad is nie meer vol mense nie. Daar is nou net grotte waar die Ofel voorheen was en die toring waar die wagte gestaan het. Dit sal altyd so wees. Nou loop daar wildedonkies rond en daar wei skape en bokke.
15 Dit sal so wees totdat die Gees van Bo op ons kom. Dan sal die woestyn vol vrugtebome wees, en die vrugtebome sal so naby mekaar wees soos die bome in 'n bos.
16 In die woestyn en tussen die vrugtebome sal die mense reg doen en hulle sal regverdig wees.
17 Hulle sal altyd rus en vrede omdat hulle reg sal doen aan mekaar.
18 Die Here sy volk sal woon in plekke waar daar vrede is. Hulle sal veilig wees en hulle sal oor niks bekommerd wees nie.
19 Hael sal die bosse stukkend slaan en die mure van die stede sal omval.
20 Maar met júlle sal dit goed gaan. Dit sal baie reën. Julle sal koring saai en julle beeste en donkies sal oral wei.