Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 31

:
Afrikaans - ABA
1 Dit sal sleg gaan met die Israeliete. Hulle vra dat die Egiptenaars hulle moet help. Hulle dink perde kan hulle help, hulle dink baie oorlogkarre en soldate op perde sal hulle beskerm. Hulle vra nie dat die Heilige God van Israel hulle moet help nie, hulle bid nie tot Hom nie.
2 Die Here het ook wysheid, nie net die Egiptenaars nie. Die Here het sy volk gestraf, Hy het gedoen wat Hy gesê het, en nou sal Hy hierdie mense straf wat so verkeerd doen. Hy sal nie dat die slegte Egiptenaars hulle mag help nie.
3 Die Egiptenaars is mense, nie gode nie, en hulle perde is diere, nie geeste nie. Wanneer die Here sy hand uitsteek om hulle te straf, dan sal die mense val wat moet help, en die mense wat gevra het dat hulle moet help, sal ook val. Hulle sal saam sterf.
4 Die Here het vir my gesê dat Hy sal afkom na Sionsberg om oorlog te maak op die berg wat aan Hom behoort. Hy is die Here wat oor alles regeer. Hy sal wees soos 'n leeu wat 'n dier gevang het en wat by die dier en brul. Die leeu skrik nie wanneer 'n klomp skaapwagters kom en raas en skree nie.
5 Soos 'n voël bokant sy nes vlieg om dit te beskerm, so sal die Here Jerusalem beskerm. Hy is die Here wat oor alles regeer, Hy sal kom, en Hy sal die mense van Jerusalem beskerm en red.
6 Israeliete, julle moet terugkom na die Here toe, want julle het ver weggegaan van Hom.
7 Eendag sal elkeen van julle sy afgode weggooi, die afgode van silwer en goud wat julle self gemaak het toe julle sonde wou doen.
8 Die Assiriërs sal sterf, maar dit sal nie mense wees wat hulle doodmaak nie. Hulle sal vlug, en hulle jongmanne sal soos slawe moet werk vir die vyande.
9 Hulle beste leiers sal vlug, hulle offisiere sal skrik en weghardloop. Hulle sal hulle vlag daar los. Die Here het dit gesê. Op sy altaar in Sion brand 'n vuur.