Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 19

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here was kwaad en Hy het oor Egipte gepraat. Wanneer die Here op 'n vinnige wolk ry en na Egipte kom, dan bewe die gode van Egipte, en word die Egiptenaars bang.
2 Die Here sê: “Ek sal die Egiptenaars kwaad maak vir mekaar en hulle sal oorlog maak teen mekaar, broer teen broer, buurman teen buurman. Die een stad sal oorlog maak teen die ander stad, en die een deel van die land teen die ander deel van die land.
3 Die Egiptenaars sal nie weet wat om te doen nie, Ek sal hulle planne laat misluk. Hulle sal vir die afgode vra wat om te doen, en vir die mense wat met geeste praat.
4 Ek sal die Egiptenaars vir 'n wrede koning gee, 'n kwaai koning sal oor hulle regeer.” Dit die Here, die Here wat oor alles regeer.
5 Daar sal nie meer water in die Nyl-rivier wees nie,
6 die waterslote sal stink wanneer daar nie meer water is nie, en wanneer die riete en biesies droog word.
7 Die plante sal doodgaan langs die Nyl-rivier en by die plek waar die rivier in die see vloei. Alles wat die mense langs die Nyl gesaai het, sal droog word, dit sal wegwaai en verdwyn.
8 Die mense wat vishoeke en visnette in die Nyl-rivier gooi, sal huil en treur, die vissermanne sal sterf, want hulle sal nie kos om te eet nie.
9 Die mense wat met vlas werk en wat dit kam om linne te maak, sal niks vlas om te kam nie.
10 Die mense wat lappe weef om klere te maak, sal net daar sit, die mense wat moet werk om geld te kry, sal niks nie.
11 Die amptenare in die stad Soan, die raadgewers van die farao, is dwase, hulle help nie die farao om reg te besluit nie. Hulle kan nou nie meer vir die farao dat hulle slim is en dat hulle die kinders is van die konings van lank gelede nie.
12 Daar is nie wyse mense in Egipte nie, hulle kan nie vir die farao wat die Here met Egipte wil doen nie, die Here wat oor alles regeer.
13 Die amptenare van die stede Soan en Nof is dom, hulle weet nie wat om te doen nie. Hulle is die leiers van stamme, maar hulle het die mense van Egipte verkeerd laat doen.
14 Dit is die Here wat die amptenare deurmekaar gemaak het, en die amptenare het die Egiptenaars verkeerd laat doen. Die Egiptenaars val soos dronk mense wat naar word en opgooi en daarin trap.
15 Die Egiptenaars weet nie wat om te doen nie, die leiers weet nie, en die slawe weet ook nie.
16 Eendag sal die Egiptenaars so bang wees soos vroue. Hulle sal skrik en bewe wanneer die Here begin om hulle te straf, die Here wat oor alles regeer.
17 Die Egiptenaars sal bang wees vir die mense van Juda. Hulle sal skrik wanneer hulle hoor van die land Juda. Die Egiptenaars sal bang wees wanneer hulle hoor wat die Here met hulle wil doen, die Here wat oor alles regeer.
18 Daardie dag sal die mense van vyf stede in Egipte die taal praat van die mense in die land Kanaän, en wanneer hulle iets belowe, dan sal hulle die Naam van die Here noem, die Here wat oor alles regeer. Een van die stede se naam sal wees: Die-Stad-Wat-Verwoes-Is.
19 Daardie dag sal daar in Egipte 'n altaar vir die Here wees, en op die grens van Egipte sal 'n klip-paal vir die Here wees.
20 Dit sal in Egipte die teken wees dat die land behoort aan die Here wat oor alles regeer. Wanneer die Egiptenaars swaarkry omdat mense hulle verdruk, dan sal die Here iemand stuur om hulle te red, en hy sal hulle help en vrymaak.
21 Die Here sal vir die Egiptenaars wie Hy is, en hulle sal Hom leer ken. Hulle sal diere vir Hom offer en ete-offers bring, hulle sal vir die Here dinge belowe en hulle sal dit doen.
22 Die Here sal die Egiptenaars straf, maar daardie straf sal hulle gesond maak. Hulle sal verander en lewe soos die Here wil hê. Hy sal luister wanneer hulle bid, en Hy sal hulle gesond maak.
23 Daardie dag sal daar 'n pad van Egipte tot by Assirië wees. Die Assiriërs sal in Egipte kom en die Egiptenaars sal in Assirië kom. Hulle sal saam die Here dien.
24 Daardie dag sal die Israeliete ook so belangrik wees soos die Egiptenaars en die Assiriërs, en daarom sal die Here die mense van die aarde seën.
25 Die Here wat oor alles regeer, sal hulle seën en sê: “Dit sal goed gaan met my volk Egipte, dit sal goed gaan met Assirië wat Ek gemaak het, dit sal goed gaan met Israel wat aan My behoort.”