Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Habakkuk 1

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here het gepraat. Die Here het vir die profeet Habakuk gewys wat sal gebeur.
2 Habakuk het gesê: “Here, hoe lank moet ek nog bid? Hoe lank moet ek nog soebat dat U ons moet help? U luister nie na ons nie, U help ons nie teen die mense wat ons laat swaarkry nie.
3 Hoekom wys U vir my dat mense verkeerd doen aan ander mense? U sien hulle kry swaar maar U doen niks. Ek sien hoe mense slegte dinge doen aan ander mense en nie reg doen aan hulle nie.
4 Daarom is die Wette van Moses nie meer belangrik vir al die mense nie, en daarom doen hulle nie reg aan ander mense nie. Dit gaan beter met mense wat verkeerd doen as met mense wat reg doen. Mense gaan kla in die poort, maar wanneer hulle daar weggaan, dan het niemand daar reg gedoen aan hulle nie.”
5 Die Here het gesê: “Julle moet na die volke kyk. Julle moet na hulle kyk, dan sal julle verbaas wees en nie weet wat om te nie. Ek sal nou iets doen, en julle sal dit nie glo wanneer mense dit vir julle vertel nie.
6 Ek sal die Galdeërs roep. Hulle is die wrede, wilde volk wat oor die hele aarde gaan en lande vat wat nie aan hulle behoort nie.
7 Almal is bang vir hulle, hulle doen wat hulle wil.
8 Hulle perde is vinniger as jagluiperds en wilder as honger wolwe. Hulle soldate kom op hulle perde van ver plekke. Hulle kom so vinnig soos aasvoëls wat afduik om te kom vreet.
9 Hulle almal kom oorlog maak, hulle jaag reguit vorentoe. Hulle vang baie mense, so baie soos sandkorrels.
10 Hulle spot met konings en met mense wat regeer. Hulle kom maklik in 'n stad in, want hulle gooi grond teen die sterk mure en klim dan bo-oor die mure.
11 Dan gaan hulle weg, hulle gaan verder soos die wind wat verby waai. Hulle dink hulle kan doen wat hulle wil omdat hulle sterk is.”
12 Habakuk het gesê: “Here, U was nog altyd God. U is my God, U is my heilige God. Ons sal nie sterf nie. Here, U is die Rots wat ons beskerm, maar U het die Galdeërs gekies om ons te straf en U het hulle sterk gemaak.
13 Ek weet U wil nie sien dat mense sonde doen nie. U wil nie kyk hoe mense verkeerd doen nie. U hou niks daarvan dat mense ander mense laat swaarkry nie. Hoekom sien U wat die Galdeërs doen, maar U doen niks? Hulle is slegte mense. Hoekom bly U stil wanneer hulle mense doodmaak wat beter is as hulle?
14 Die mense het nie leiers gehad nie, U het hulle gemaak soos die visse in die see en soos die klein diertjies wat op die aarde kruip.
15 Die Galdeërs vang die mense soos 'n mens visse vang met 'n hoek of in 'n net, en dan is hulle bly en hulle juig.
16 Hulle bring dan offers en hulle brand wierook vir hulle nette, want die nette help hulle om ryk te word en lekker te eet.
17 Here, is dit reg as die Galdeërs aanhou om mense dood te maak? Is dit reg as hulle nie jammer is vir die mense nie?”