Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Esther 10

:
Afrikaans - ABA
1 Koning Ahasveros het die mense in die land en op die eilande vir hom laat werk.
2 Al die groot en belangrike dinge wat hy gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Medië en Persië. Die verhaal van die belangrike werk wat die koning vir Mordegai gegee het, is ook in die dagboeke geskryf.
3 Want die Judeër Mordegai was die tweede belangrikste persoon koning Ahasveros. Die Judeërs het hom gerespekteer, en amper al sy mense was lief vir hom. Mordegai het hard gewerk vir sy volk en hy het gebid en gevra dat dit goed moet gaan met sy hele nageslag.