Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Amos 6

:
Afrikaans - ABA
1 Dit sal sleg gaan met die belangrike mense van die belangrikste volk, die Israeliete. Hulle het gevra hulle leiers moet hulle help, die leiers wat so lekker woon in Jerusalem, en die mense wat dink hulle is veilig op Samaria-berg.
2 Gaan kyk wat het gebeur met die stad Kalne en met die groot stad Hamat en met Gat, die stad van die Filistyne. Hulle was nie sterker as julle nie, Israel en Juda. Hulle land is kleiner as julle land.
3 Julle dink daar is nog baie tyd, julle dink julle sal nie nou swaarkry nie. Julle hou aan om julle mense te laat swaarkry.
4 Julle op beddens wat julle mooi gemaak het met ivoor, julle sit lekker op julle rusbanke. Julle eet lammers en vet kalwers.
5 Julle maak musiek op 'n harp, julle maak nuwe musiek om te speel, soos Dawid.
6 Julle drink wyn uit die bakke waarin julle offers bring en julle smeer die beste olyf-olie aan julle. Maar julle is nie bekommerd dat dit slegter en slegter gaan met die Israeliete nie.
7 Daarom sal julle vyande julle vang. Hulle sal die leiers eerste vang en wegvat na 'n ander land. Die tyd is verby, julle sal nie meer en feesvier nie.
8 Die Here, die God wat oor alles regeer, het belowe, en Hy is self die getuie. Hy het gesê: “Die Israeliete is baie hoogmoedig. Ek hou niks daarvan nie, Ek haat hulle mooi huise. Ek sal die stad en alles wat daarin is vir hulle vyande gee.
9 As daar in een huis tien mans oorgebly het, dan sal hulle ook almal sterf.
10 Iemand van daardie familie sal kom en hy sal die dooie mense uit die huis begin dra om hulle te begrawe. As daar agter in die huis nog iemand is wat lewe, dan sal die man van die familie vir hom vra: ‘Is daar nog iemand by jou?’ en hy sal sê: ‘Nee, niemand nie.’ Dan sal die man van die familie antwoord: ‘Ons moenie praat nie, ons moenie die Here se Naam noem nie.’
11 Wanneer die Here hulle moet dit doen, dan sal die vyande al die huise afbreek, die groot huise en die klein huise.
12 'n Mens jaag nie met perde oor rotse nie en jy ploeg nie met beeste op rotse nie. Maar julle laat onskuldige mense swaarkry. Julle laat dit sleg gaan met goeie mense.
13 Julle spog dat julle die twee stede Lo-Dabar en Karnajim oorwin het. Julle julle het dit gedoen omdat julle self so sterk is.
14 Maar die Here, die God wat oor alles regeer, sê: “Israeliete, Ek sal 'n volk bring om oorlog te maak teen julle, en daardie volk sal julle laat swaarkry oral in die land, van Lebo-Hamat tot by die klein riviertjie in die woestyn.”