Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Song of Solomon 1

:
Afrikaans - NLV
1 Salomo se heel mooiste lied.
2 “Soen my weer en weer! Jou liefde is soeter as wyn.
3 Jou parfuum ruik heerlik. Jou naam is soos parfuum! Dis waarom meisies so baie van jou hou.
4 Vat my saam met jou! Kom, laat ons hardloop! Laat die koning my na sy kamer toe neem.” “Kom ons juig! Ons is bly oor jou! Ons hou meer van jou liefde as van wyn.” “Geen wonder meisies het jou so lief nie.
5 Ek is donker en ek is pragtig, vroue van Jerusalem. Ek het die kleur van die tente van Kedar en die tentdoeke van Salomo.
6 “Moenie my so staan en bekyk omdat ek donker is nie. Die son het my so gebrand. My broers was kwaad vir my. Daarom het hulle my die wingerde laat oppas. My eie wingerd moes ek verwaarloos.
7 vir my, my liefling, waar laat jy jou kleinvee wei? Waar gaan jy met hulle oorstaan vanmiddag? Hoekom moet ek my agter ’n sluier versteek om na jou te gaan soek by die veetroppe van jou vriende?”
8 “As jy nie weet nie, mooiste van die vroue, loop op die spore van die skape en laat jou bokkies wei daar by die veewagters se tente.
9 “My beminde, jy is vir my soos ’n perd voor die farao se oorlogwa.
10 Jou wange is pragtig met oorbelle versier. Jou nek is mooi met juwele versier.
11 Ons maak vir jou oorbelle van goud, met silwer versiersels daarin.”
12 “Terwyl die koning by sy tafel is, versprei die geur van my nardusparfuum.
13 My liefling is vir my ’n sakkie mirre tussen my borste.
14 My liefling is vir my ’n bos hennablomme uit die wingerde van En-Gedi.”
15 “Jy is pragtig, my beminde. Jou is so mooi soos die van duiwe.”
16 “Jy is baie aantreklik, my liefling. Die bed waarop ons lê, is soos groen gras,
17 ons huis se balke is soos sederbome, ja, soos sipresbome.”