Revelation 7NLV

1Hierna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde teruggehou sodat geen wind op die land of op die see of teen enige boom waai nie.

2Ek het ook ’n ander engel sien naderbeweeg van die kant waar die son opkom, terwyl hy ’n seël van die lewende God vashou. Hy het met ’n kragtige stem geroep na die vier engele wat toegelaat is om die land en see skade aan te doen, en

3gesê: “Moenie skade doen aan die land of die see of die bome nie, totdat ons die diensknegte van God met ’n seël op hulle voorkoppe gemerk het.”

4Ek het toe gehoor wat die getal is van dié wat met ’n seël op hulle voorkoppe gemerk is: daar was 144 000 gemerktes, afkomstig uit al die stamme van Israel:

5Uit die stam van Juda was daar 12 000 wat met die seël op hulle voorkoppe gemerk is; uit die stam Ruben 12 000; uit die stam Gad 12 000;

6uit die stam Aser 12 000; uit die stam Naftali 12 000; uit die stam Manasse 12 000;

7uit die stam Simeon 12 000; uit die stam Levi 12 000; uit die stam Issaskar 12 000;

8uit die stam Sebulon 12 000; uit die stam Josef 12 000, en uit die stam Benjamin was daar 12 000 wat met ’n seël gemerk is.

9Hierna het ek gekyk, en werklikwaar — daar was ’n reuse skare mense wat niemand eers kon tel nie. Hulle het gekom uit elke nasie, stam, volk en taalgroep, en het voor die troon en voor die Lam gaan staan. Hulle het wit klere aangehad, met palmtakke in hulle hande.

10Met ’n kragtige stem het hulle uitgeroep: “Ons verlossing is te danke aan God wat op die troon sit en aan die Lam!”

11Al die engele het ook rondom die troon gaan staan, asook die ouderlinge en die vier lewende wesens. Hulle het toe op hulle gesigte neergeval voor die troon en God aanbid

12en gesê: “Amen, die lofprysing en die heerlikheid, die wysheid, die dank en die eerbetoning, die mag en die sterkte behoort aan ons God vir altyd. Amen!”

13Een van die ouderlinge reageer toe en vra my: “Hierdie mense wat wit klere aanhet, wie is hulle en waarvandaan kom hulle?”

14Ek het aan hom gesê: “Meneer, u is die een wat weet.” Daarop sê hy vir my: “Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hulle klere wit gewas in die bloed van die Lam.

15Daarom staan hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tentwoning oor hulle span.

16Hulle sal nie meer honger of dors word nie; die son sal nie op hulle neerskroei nie en ook nie ’n hittegloed nie.

17Die Lam wat in die middel by die troon staan, sal hulle soos ’n herder lei en hulle na die waterfonteine van die lewe bring; en God sal elke traan van hulle oë afdroog.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Revelation 7.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.