Malachi 4NLV

1Die Here, die Almagtige, sê: “Die dag kom en dit brand soos ’n vuuroond. Op dié dag sal alle verwaande, alle goddelose mense soos kaf deur vuur verteer word. Niks sal oorbly nie, nie wortel of tak nie.

2“Maar die Son van Geregtigheid, met genesing in sy vlerke, sal opkom vir julle wat eerbied en respek vir My het. Julle sal uitgaan en vrolik rondspring soos kalwers wat uit die kraal kom.”

3Die Here, die Almagtige, sê: “Op dié dag sal julle die goddeloses vertrap asof hulle stof onder julle voete is.

4“Moenie vergeet om die voorskrifte van my dienskneg Moses te gehoorsaam nie. Dit behels al die reëls en regulasies wat Ek hom op Sinai beveel het om vir die hele Israel te gee.

5“Kyk, voordat die groot en angswekkende Dag van die Here aanbreek, stuur Ek die profeet Elia na julle toe.

6Hy sal ouers met hulle kinders versoen en kinders met hulle ouers. As dit nie gebeur nie, sal Ek die land tref met vernietiging.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Malachi 4.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.