Leviticus 12NLV

1Die Here het vir Moses gesê: “Gee hierdie instruksies aan die Israeliete:

2Wanneer ’n vrou swanger word en geboorte skenk aan ’n seun, sal sy vir sewe dae onrein wees, net soos gedurende haar menstruasie.

3Op die agtste dag moet die seuntjie besny word.

4Daarna moet die vrou vir nog 33 dae wag totdat sy ophou bloei ná die geboorte. Gedurende die tyd van suiwering mag sy aan niks raak wat heilig is nie. Sy mag ook nie na die heiligdom toe gaan totdat die tyd van suiwering verby is nie.

5As ’n vrou geboorte skenk aan ’n dogter sal sy vir twee weke lank onrein wees, net soos gedurende haar menstruasie. Daarna moet die vrou vir nog 66 dae wag totdat sy na die geboorte opgehou het om te bloei.

6“As die tyd van reiniging — vir ’n seun of ’n dogter — verby is, moet die vrou ’n jaaroud lam as brandoffer en ’n jong duif of tortelduif as ’n suiweringsoffer bring. Sy moet haar offers na die priester by die ingang van die tent van ontmoeting bring.

7Die priester sal dit dan vir die Here offer en ook versoening vir haar doen. Dan sal sy weer rein wees ná die bloed wat met die geboorte gevloei het. Dit is die instruksies wat gevolg moet word ná die geboorte van ’n seun of ’n dogter.

8“As die vrou nie kan bekostig om ’n lam te bring nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe bring. Een is bedoel vir die brandoffer en die ander een vir die reinigingsoffer. Die priester sal hulle offer en so vir haar versoening doen en sy sal weer rein wees.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Leviticus 12.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.