Lamentations 5NLV

1Here, hou ’n bietjie in gedagte wat met ons gebeur het. Kyk hoe ons verneder is.

2Die grond wat ons geërf het, het in vreemde hande beland. Uitlanders besit ons eiendom.

3Ons is weeskinders wat nie meer ’n pa het nie. Ons ma’s is weduwees.

4Ons moet betaal vir die water wat ons drink. brandhout moet ons koop.

5Agtervolgers blaas in ons nek. Ons is moeg maar ons durf nie rus nie.

6By Egipte het ons gevra vir hulp en by Assirië vir kos.

7Ons voorouers het sonde gedoen, maar hulle is nou al dood. En nou moet ons daarvoor betaal.

8Slawe het nou ons base geword en niemand kan ons van hulle bevry nie.

9Ons loop die risiko om doodgemaak te word wanneer ons in die wildernis kos bymekaarmaak.

10Ons vel het donker geword van die hongersnood, asof dit in ’n oond gebak het.

11Ons vroue word in Jerusalem gemolesteer en ons dogters in die dorpe van Juda verkrag.

12Ons leiers word opgehang aan hulle hande. Daar is geen respek vir ons oumense nie.

13Jong mans moet koring maal by die meul. Jong seuntjies steier onder vragte hout wat hulle moet dra.

14Die leiers kan nie meer by die stad se poort sit en beraadslaag nie. Die jongmense maak nie meer musiek nie.

15Vreugde het verdwyn uit ons harte. Ons vrolike danse het in treursange verander.

16Die kroon het van ons koppe geval. Dit gaan sleg met ons, want ons het sonde gedoen.

17Dit het ons swak gemaak. Ons oë het dof geword.

18Die tempelheuwel is verlate. Jakkalse sluip daar rond.

19U bly dieselfde, Here, vir ewig en altyd. U regeer van geslag tot geslag.

20Hoekom hou U aan om van ons te vergeet? Hoekom hou U so lank aan om ons te vermy?

21Lei ons terug na U toe, Here, sodat ons by U kan uitkom. Maak ons lewe weer soos dit vroeër was.

22Of het U ons dan heeltemal verwerp? Gaan U dan vir altyd vir ons kwaad bly?

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Lamentations 5.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.