Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Lamentations 3

:
Afrikaans - NLV
1 Ek is die man wat ellende ervaar het toe die Here kwaad was.
2 Hy het my na ’n plek gejaag waar daar geen lig is nie.
3 Hy het teen my gedraai. Sy hand is dag en nag teen my.
4 Hy het my laat uitteer. Ek het net vel en been geword. Hy het die gebeente van my liggaam gebreek.
5 Hy het my omsingel en my met swaarkry en lyding omring.
6 In ’n donker plek het Hy my gaan wegsit soos iemand wat lankal dood is.
7 Hy het my ingehok en met swaar kettings geboei sodat ek nie kon uitkom nie.
8 Wanneer ek bid en smeek vir hulp, ignoreer Hy my gebed.
9 Hy pak my pad toe met klippe, Hy laat my ompaaie loop.
10 Hy is soos ’n beer wat my voorlê, soos ’n leeu wat vir my en wag.
11 Hy het my uit die pad gesleep, my uitmekaargeskeur en my net so daar laat lê.
12 Hy het ’n pyl in sy boog gespan en sekuur na my gekorrel.
13 Hy het sy houer met pyle op my leeggeskiet.
14 My eie mense lag vir my. Hulle sing heeldag spotliedjies oor my.
15 Hy het my vol gemaak met bitter dinge. Hy laat my bitterheid drink.
16 Hy laat my klippe kou. Hy trap my weg in die grond.
17 Ek het al vergeet hoe dit is om gelukkig en voorspoedig te wees.
18 Ek roep uit: “Ek beteken niks. Ek verwag niks meer van die Here nie.”
19 Wanneer ek aan my pyn en my hartseer dink, word ek bitter.
20 Ek sal nooit ooit vergeet van hierdie slegte tyd nie.
21 Tog is daar een ding waarop ek kan reken en waarop ek altyd sal hoop:
22 Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie.
23 Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut.
24 Ek vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.”
25 Die Here is goed vir hulle wat op Hom wag en Hom soek.
26 Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red.
27 Dit is goed om van jongs af te leer om geduldig vir die Here te wag.
28 Mense moet geduldig sit en wag totdat die Here aandag aan hulle gee.
29 Daar is hoop vir jou as jy stilbly.
30 Draai jou ander wang wanneer jou vyande jou beledig.
31 Want die Here laat ’n mens nie vir altyd eenkant nie.
32 Hy bring wel hartseer, maar Hy het ook medelye omdat sy troue liefde so groot is.
33 Hy geniet dit nie wanneer mense seerkry of hartseer is nie.
34 Die leiers van sy volk het gevangenes mishandel.
35 Hulle het mense se regte vertrap in die teenwoordigheid van die Allerhoogste.
36 Hulle behandel mense in die hof onbillik. Hulle dink Hy sien dit nie raak nie.
37 Kan daar iets gebeur as die Here dit nie toelaat nie?
38 Is dit nie die Allerhoogste wat een mens help en ’n ander vernietig nie?
39 Waaroor sal ons kla wanneer ons gestraf word omdat ons oortree het?
40 Laat ons eerder gaan kyk na wat ons gedoen het en daaroor nadink sodat ons kan omdraai na die Here toe.
41 Laat ons ons harte en hande uitsteek na God daarbo en sê:
42 “Ons was opstandig teen U en het nie na U geluister nie. U het ons nie vergewe nie.
43 “U was so kwaad vir ons dat U ons agternagesit het om ons genadeloos uit te roei.
44 U het agter wolke gaan staan sodat ons gebede U nie kon bereik nie.
45 Tussen die nasies het U ons gemors en vullis gemaak.
46 Al ons vyande rek hulle monde oor ons.
47 Ons is bang. Ons sit vasgehok. Ons is verwoes en eenkant toe gegooi.”
48 Ek huil omdat my volk vernietig is.
49 Ek huil onophoudelik. Dit sal nie ophou
50 voordat die Here my van bo af raaksien nie.
51 Ek is ontsteld oor die vroue van Jerusalem.
52 My vyande het jag gemaak op my, sonder rede. Hulle wou my vang soos ’n voël.
53 Hulle wou my in ’n waterput verdrink. Hulle het klippe van bo af op my gegooi.
54 Waters het oor my kop gegaan en ek het gedink: “Dit is verby met my.”
55 Van onder in die put, o Here, het ek na U begin roep.
56 U het my hoor roep: “Moet asseblief nie u ore toedruk wanneer ek roep dat U my moet kom help nie.”
57 Toe ek na U geroep het, het U nadergekom en gesê: “Moenie bang wees nie!”
58 U het my saak verdedig en my lewe gered.
59 U het gesien ek is veronreg. Gee tog uitspraak in my guns!
60 U het gesien watter planne hulle teen my smee.
61 U het gehoor hoe hulle my beledig. U weet van al die planne wat hulle teen my gesmee het.
62 Hulle sit heeldag en sleg praat oor my.
63 Oral waar hulle kom, sing hulle spotliedjies oor my.
64 Betaal hulle terug in eie munt, o Here, vir alles wat aan my gedoen is.
65 Maak hulle hardkoppig en straf hulle dan daarvoor.
66 Vervolg hulle in u woede. Roei hulle uit van die aarde af.