Jeremiah 45NLV

1Jeremia het ’n boodskap vir Baruk seun van Nerija gegee. Dit was in die vierde jaar wat Jojakim seun van Josia koning van Juda was. Dit was net nadat Baruk alles neergeskryf het wat Jeremia vir hom dikteer het. Hy het gesê:

2“Baruk, die Here, die God van Israel, sê:

3Jy het gesê: ‘Dit is klaarpraat met my! Ek kry alreeds so swaar en dan maak die Here my pyn net nog meer. Ek is al so moeg van my eie gesug, ek kan net nie rus vind nie.’

4“Sê vir hom die Here sê: Ek is nou besig om hierdie volk af te breek wat Ek opgebou het. Wat Ek geplant het, gaan Ek ontwortel. So sal dit oor die hele land gebeur.

5Het jy die ambisie om ver in die lewe te kom? Moet dit liewer nie hê nie! Ek bring onheil oor alle mense, sê die Here. Maar Ek sal jou lewe bewaar, waar jy ook al gaan.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Jeremiah 45.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.