Isaiah 6NLV

1In die jaar wat koning Ussia dood is, het ek die Here gesien. Sy troon was hoog en verhewe, en die soom van sy kleed het die tempel gevul.

2Rondom Hom was serafs, elkeen met ses vlerke. Met twee het hulle hulle gesig toegemaak, met twee hulle voete bedek en met twee het hulle gevlieg.

3Hulle het mekaar toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here, die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy heerlikheid!”

4Die fondamente het geskud van die geluid, en die tempel was vol rook.

5Ek het hard geroep: “Ellende het my getref! Want ek is ’n sondige mens, tussen ander sondige mense. En tog het ek die Koning, die Here, die Almagtige, gesien!”

6Toe het een van die serafs na die altaar toe gevlieg en ’n gloeiende kool met ’n tang opgetel.

7Hy het my lippe daarmee aangeraak en gesê: “Kyk, hierdie kool het jou lippe aangeraak. Nou is jou skuld weg en jou sondes vergewe.”

8Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek met ’n boodskap na my volk toe stuur? Wie sal vir Ons gaan?” Ek het geantwoord: “Here, ek sal gaan! Stuur my!”

9Hy het gesê: “Ja, gaan. Sê vir hierdie mense só: “‘Julle sal my woorde hoor, maar dit nie verstaan nie. Julle sal sien wat Ek doen, maar nie die betekenis daarvan snap nie.’

10Verhard hierdie volk se harte. Maak hulle ore toe en hulle oë blind. Andersins sien hulle dalk en hoor hulle, en verstaan hulle, en draai dan na My toe en word hulle gesond gemaak.”

11Toe vra ek: “Here, hoe lank moet ek dit doen?” Hy het geantwoord: “Totdat hulle stede heeltemal verwoes is en niemand meer daarin bly nie. Totdat hulle huise leeg staan en die hele land ’n ruïne geword het.

12Moenie ophou totdat die Here elkeen na ver lande weggejaag het en die hele land Israel woestynagtig geword het nie.

13Al bly daar net ’n tiende deel oor, sal die land weer verwoes word. “Israel sal agterbly soos die stomp van ’n terpentynboom of ’n eikeboom wat afgekap is. Maar die stomp sal uitloop en heilige saad word wat weer groei.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 6.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.