Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 49

:
Afrikaans - NLV
1 Luister na my, almal wat in ver lande bly! Voor my geboorte het die Here my geroep. Van my geboorte af het Hy my op my naam genoem.
2 Hy het my mond soos ’n skerp swaard gemaak. In die skaduwee van sy hand het Hy my weggesteek. Hy het my ’n skerp pyl gemaak en in sy pylkoker weggesteek.
3 Hy het vir my gesê: “Jy is my dienaar, Israel. Deur jou sal Ek verheerlik word.”
4 Ek het geantwoord: “Wat ek doen, is nutteloos. Ek het tevergeefs geswoeg! Tog laat ek dit alles in die hand van die Here. Hy sal my beloon.”
5 En nou praat die Here, Hy wat my as sy dienaar in my ma se skoot gemaak het om Jakob na Hom terug te bring en Israel vir Hom bymekaar te maak. Die Here het my geëer. My God het my sterk gemaak.
6 Hy sê: “Jy sal nog meer doen as om die stamme van Jakob op te rig en my volk Israel na My toe terug te bring. Ek gaan jou ’n lig maak vir die nasies sodat jy my redding kan bring tot aan die uithoeke van die aarde.”
7 Dit is wat die Here, die Redder en Heilige van Israel, vir die een wat verag is en verwerp word deur die nasie, wat ’n dienaar van regeerders is: “Konings sal jou sien en op aandag staan. Prinse sal laag voor jou buig ter wille van die Here wat getrou is. Hy, die Heilige van Israel, het jou gekies.”
8 So die Here: “Op die regte oomblik sal Ek jou antwoord. Op die dag wat Ek red, sal Ek jou help. Ek sal jou bewaar en jou maak tot ’n verbond met my volk om sy land te herstel en die verlate eiendom weer terug te kry
9 om aan die gevangenes te sê: ‘Kom uit!’ en aan hulle in duisternis: ‘Wees vry!’ “Hulle sal my kudde wees wat in groen weivelde wei, selfs op heuwels wat voorheen kaal was.
10 Hulle sal nie meer honger of dors wees nie. Die warm son en die droë woestynwinde sal niks aan hulle doen. Hy wat vir hulle omgee, sal vir hulle sorg en hulle lei na koel fonteine.
11 Al my berge maak Ek paaie. My hoofweë sal Ek vir hulle gelykmaak.
12 My volk kom terug van ver af, sommige uit die noorde, ander uit die weste, nog ander so ver as Egipte.”
13 Sing van vreugde, hemel! Aarde, wees bly! Berge, juig met ’n vrolike lied! Want die Here het sy volk getroos. Hy sal Hom ontferm oor hulle wat in ellende is.
14 Tog het Sion gesê: “Die Here het my verlaat. Die Here het my vergeet.”
15 “Kan ’n ma die baba vergeet wat aan haar bors drink? Kan sy geen medelye met die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou dit tog moontlik wees, Ék sal jou nie vergeet nie!
16 Kyk, Ek het jou naam in my hand gegraveer. Die mure van Jerusalem wat afgebreek is, is altyd voor My.
17 Baie gou sal jou nageslag hulle terughaas, maar hulle wat jou verwoes het, sal wegvlug.
18 Kyk rondom jou. Al jou kinders sal terugkom na jou toe. So seker as Ek lewe,” die Here, “jy sal hulle dra soos juwele, soos ’n bruid haar juwele aansit.
19 “Jy is nou net ’n ruïne en jou land verlate, maar dan sal jy te klein wees om al die inwoners te huisves, en dié wat jou wou vernietig, sal ver weg wees.
20 Die geslag in ballingskap gebore, sal terugkom en sê: ‘Ons het meer plek nodig! Maak vir ons meer plek om in te woon!’
21 Dan sal jy by jouself dink: ‘Wie het al hierdie kinders vir my gegee? Ek was kinderloos en onvrugbaar. Ek was ’n balling en verstoot. Maar wie het hierdie kinders grootgemaak? Ek alleen het oorgebly, maar waar kom hulle nou vandaan?’”
22 So die oppermagtige Here: “Ek steek my hand op en gee ’n teken aan die nasies. Dan sal hulle jou seuns terugdra in hulle arms. Hulle sal jou dogters op hulle skouers dra.
23 Konings sal pleegvaders van jou kinders wees. En koninginne hulle pleegmoeders. Hulle sal diep voor jou buig en die stof van jou skoene aflek. Dan sal jy weet dat Ek die Here is. Wie sy hoop op My stel, sal nie teleurgestel word nie.”
24 Kan die buit van ’n soldaat uit sy hande gesteel word, of ’n gevangene uit die bewaking van ’n betroubare persoon?
25 So die Here: “Die gevangene gaan bevry word en die buit gaan afgeneem word. Want Ek is ’n vyand van jou vyand, en Ek sal jou kinders red.
26 Ek sal jou vyande hulle eie vleis laat eet. Hulle sal dronk word van hulle eie bloed soos van wyn. Die hele wêreld sal weet: Ek is die Here, jou Redder en jou Verlosser, die Magtige van Jakob.”