Isaiah 35NLV

1Die droë woestyn sal bly wees. Die dor plekke sal vol blomme wees.

2Ja, daar sal ’n oorvloed wees van blomme, en ’n gejuig en gesing! Die woestyne sal groen word soos die Libanonberge, so mooi soos die weivelde van Karmelberg en die vlaktes van Saron. Daar sal die Here sy heerlikheid ten toon stel, en die grootsheid van ons God.

3Versterk dié wat moeg geword het. Bemoedig dié wat wil neerslaan.

4Sê vir dié wat bang is: “Wees sterk en moenie bang wees nie. Want julle God kom om wraak te neem, om julle vyande te straf en om julle te red!”

5Wanneer Hy kom, laat Hy blindes sien en dowes hoor.

6Lam mense sal rondspring soos bokke, en mense wat nie kon praat nie, sal van vreugde sing! Fonteine sal in die wildernis ontspring en strome water sal die woestyn natlei.

7Die droë grond sal ’n poel water word, die dorstige land borrelende fonteine. Waar daar eers net blyplek was vir woestynjakkalse, sal daar nou gras, riet en bossies groei.

8Deur die woestyn sal nou ’n grootpad loop. Die pad sal genoem word: die Heilige Weg. Mense wie se harte boos is, sal nie daarop reis nie. Dit sal net oop wees vir mense wat op God se pad loop. Dwase sal nie daar kom nie.

9Langs die pad sal leeus nie skuil nie. Daar sal geen roofdiere wees nie. Net mense vir wie God gered het, sal op die pad loop.

10Dié wat die Here vrygekoop het, sal terugkeer na Jerusalem. Hulle sal sing van blydskap, hulle sal vol vreugde wees, en ellende en smart sal verdwyn.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 35.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.