Hebrews 8NLV

1Die hoofpunt van my hele betoog tot dusver is dat ons ’n baie spesiale Hoofpriester het wat plek ingeneem het op die hemelse troon, aan die regterhand van die Majesteit.

2Daar doen Hy diens in die heiligdom, die ware hemelse tabernakel wat God self opgerig het, nie ’n mens nie.

3En aangesien elke hoofpriester aangestel word om gawes en offers te bring, moet ons Hoofpriester ook iets hê om aan te bied.

4As Hy nog hier op aarde was, sou Hy nie eers ’n priester kon wees nie omdat daar reeds priesters is wat die wetlike offers bring.

5Hulle dien in ’n heiligdom wat maar net ’n kopie, ’n flou skadubeeld van die ware, hemelse heiligdom is. Want toe Moses aan die regmaak was om die tabernakel op te rig, het God aan hom die opdrag gegee: “Sorg dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat Ek vir jou op die berg gewys het.”

6Maar nou het Jesus Christus ’n bediening verkry wat net soveel uitnemender is as wat Hy Middelaar is van ’n voortrefliker verbond, ’n verbond wat voortrefliker is omdat dit op voortrefliker beloftes berus.

7As die eerste verbond perfek gewerk het, sou daar geen behoefte aan ’n tweede een gewees het nie.

8God kritiseer die volk hieroor wanneer Hy verklaar: “Daar kom ’n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ’n nuwe verbond sal sluit.

9Dit sal anders wees as die een wat Ek met hulle voorouers gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uitgelei het uit Egipte. Hulle het nie aan my verbond getrou gebly nie; en Ek het my rug op hulle gedraai.

10Dít is nou die verbond wat Ek hierna met die volk Israel gaan sluit, verklaar die Here: Ek sal my opdragte inskryf in hulle verstand en Ek sal dit in hulle harte graveer. Ek sal hulle God wees en hulle sal mý volk wees.

11En hulle sal nie nodig hê om elkeen sy medeburger te onderrig en vir sy broer te sê: ‘Jy moet die Here leer ken’ nie. Want elkeen van hulle, van die kleinste tot die grootste, sal My ken.

12Ek sal My ontferm oor hulle ongeregtighede en Ek sal nooit weer aan hulle sondes dink nie.”

13Deur van ’n nuwe verbond te praat het God die vorige een as uitgedien verklaar. En wat uitgedien is en steeds nog verder verouder, staan gereed om heeltemal afgeskaf te word.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Hebrews 8.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.