Hebrews 1NLV

1Vroeër het God dikwels en op baie maniere deur die profete met ons voorvaders gepraat.

2Maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur sy Seun. God het Hom bestem om die erfgenaam van alles te wees; trouens, Hy het deur Jesus Christus ook die wêreld en alles wat daarin is, gemaak.

3Die Seun weerkaats God se heerlikheid, en Hy is die presiese ewebeeld van wie God werklik is. Deur sy magtige bevel hou Hy die ganse heelal in stand. Nadat Hy gesterf het om ons van sondes te reinig, het Hy die posisie van eer en mag aan die regterhand van God ingeneem — dié God so vol majesteit wat in die hemel woon.

4Jesus Christus is oneindig groter as die engele, net soos die erenaam van Seun wat Hy gekry het, baie heerliker is as dié van die engele.

5God het tog nooit vir enige engel gesê wat Hy vir Jesus gesê het nie: “Jy is my Seun. Vandag het Ek jou Vader geword.” Op ’n ander plek sê God weer: “Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees.”

6En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: “En laat al die engele van God Hom aanbid.”

7God sê van die engele: “Hy verander sy engele in stormwinde, sy dienaars in vuurvlamme.”

8Maar vir die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir altyd onwankelbaar vas. U koninklike heerskappy word gekenmerk deur regverdigheid.

9U het lief wat reg is en U haat wat verkeerd is. Daarom het, o God, u God U met jubelende vreugde tot koning gesalf — ver verhewe bo almal saam met U.”

10En verder: “O Here, U het heel aan die begin die fondamente van die aarde gelê, en die hemele is u handewerk.

11Hierdie dinge sal vergaan, maar U bly vir altyd. Hulle sal almal soos klere verslete raak.

12Soos ’n oorkleed sal U hulle oprol; soos ’n bo-kleed sal hulle verander word. Maar U bly steeds Uself en U leef vir altyd.”

13En God het nooit aan ’n engel gesê nie: “Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande heeltemal aan jou onderwerp het.”

14Die engele is tog maar net diensknegte. Hulle is geestelike wesens wat God uitstuur in belang van daardie mense wat verlos gaan word.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Hebrews 1.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.