Ezekiel 19NLV

1“Sing hierdie begrafnislied oor die leiers van Israel:

2“‘Wat is jou ma? ’n Leeuwyfie tussen leeus! Sy lê tussen die jong leeus en maak haar welpies groot.

3Sy het een van haar welpies as ’n sterk jong leeu laat grootword. Hy het geleer om prooi te vang. Toe het hy mense begin vang.

4Die nasies het van hom gehoor. Hulle het hom in ’n vanggat gevang. En hulle het hom in kettings na Egipte weggelei.

5“‘Toe die leeuwyfie sien dat al haar hoop vir hom vernietig is, het sy ’n ander welpie gevat en hom ’n sterk jong leeu gemaak.

6Hy het tussen die leeus rondgeloop en ’n sterk leeu geword. Hy het geleer om prooi te vang en ook ’n mensvreter geword.

7Hy het vestings van nasies vernietig en hulle dorpe verwoes. Die land en almal daarin was verskrik wanneer hulle hom hoor brul.

8Toe het die leërs van die nasies hom aangeval en van alle kante omsingel. Hulle het hulle vangnette uitgegooi en hom in hulle vanggat vasgekeer.

9Hulle het hom met kettings in ’n hok voor die koning van Babel gebring. Hulle het hom gevange gehou sodat sy stem nie meer op Israel se berge gehoor word nie.

10“‘Jou ma was soos ’n wingerdstok wat langs die water geplant is. Dit het druiwe en ranke gehad omdat daar baie water was.

11Haar takke was sterk, sterk genoeg vir septers van konings. Dit het hoog uitgetoring bo almal. Dit het uitgestaan omdat dit hoog was en ’n groot klomp welige takke gehad het.

12Maar dit is in woede ontwortel en teen die grond neergegooi. Die woestynwind het dit laat opdroog en die vrugte gestroop. Die takke is afgeruk en deur vuur verbrand.

13Nou is die wingerdstok in die woestyn geplant waar die grond hard en droog is.

14’n Vuur het uit sy takke gekom en die vrugte verbrand. Van die oorblywende takke is nie een sterk genoeg vir ’n koninklike septer nie.’ “Dit is ’n begrafnislied. Dit is nou tyd vir die begrafnis.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Ezekiel 19.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.