Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Ezekiel 19

:
Afrikaans - NLV
1 “Sing hierdie begrafnislied oor die leiers van Israel:
2 “‘Wat is jou ma? ’n Leeuwyfie tussen leeus! Sy tussen die jong leeus en maak haar welpies groot.
3 Sy het een van haar welpies as ’n sterk jong leeu laat grootword. Hy het geleer om prooi te vang. Toe het hy mense begin vang.
4 Die nasies het van hom gehoor. Hulle het hom in ’n vanggat gevang. En hulle het hom in kettings na Egipte weggelei.
5 “‘Toe die leeuwyfie sien dat al haar hoop vir hom vernietig is, het sy ’n ander welpie gevat en hom ’n sterk jong leeu gemaak.
6 Hy het tussen die leeus rondgeloop en ’n sterk leeu geword. Hy het geleer om prooi te vang en ook ’n mensvreter geword.
7 Hy het vestings van nasies vernietig en hulle dorpe verwoes. Die land en almal daarin was verskrik wanneer hulle hom hoor brul.
8 Toe het die leërs van die nasies hom aangeval en van alle kante omsingel. Hulle het hulle vangnette uitgegooi en hom in hulle vanggat vasgekeer.
9 Hulle het hom met kettings in ’n hok voor die koning van Babel gebring. Hulle het hom gevange gehou sodat sy stem nie meer op Israel se berge gehoor word nie.
10 “‘Jou ma was soos ’n wingerdstok wat langs die water geplant is. Dit het druiwe en ranke gehad omdat daar baie water was.
11 Haar takke was sterk, sterk genoeg vir septers van konings. Dit het hoog uitgetoring bo almal. Dit het uitgestaan omdat dit hoog was en ’n groot klomp welige takke gehad het.
12 Maar dit is in woede ontwortel en teen die grond neergegooi. Die woestynwind het dit laat opdroog en die vrugte gestroop. Die takke is afgeruk en deur vuur verbrand.
13 Nou is die wingerdstok in die woestyn geplant waar die grond hard en droog is.
14 ’n Vuur het uit sy takke gekom en die vrugte verbrand. Van die oorblywende takke is nie een sterk genoeg vir ’n koninklike septer nie.’ “Dit is ’n begrafnislied. Dit is nou tyd vir die begrafnis.”