1 Corinthians 13NLV

1Al sou ek enige taal op aarde of selfs in die hemel kon praat, maar ek kom die liefde kort, het ek ’n galmende trom of ’n klinkende simbaal geword.

2En al sou ek die gawe van profesie hê, en sou ek alle geheime kon ontrafel, en al die kennis ter wêreld hê, en al sou ek genoeg geloof hê om berge te verskuif, maar ek kom die liefde kort, sou ek ’n ronde nul wees.

3En al sou ek al my besittings vir die armes gee en selfs my liggaam opoffer sodat ek my daarop kon beroem, maar ek kom die liefde kort, sou dit my niks help nie.

4Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie.

5Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie.

6Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier.

7Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.

8Die liefde sal nooit vergaan nie. Maar profesieë sal tot niet gaan, die spreek in tale sal ophou, en kennis sal verouder raak.

9Ons ken maar net ten dele en ons profeteer maar net ten dele.

10Wanneer die volmaakte egter gekom het, sal al die onvolmaakte uitgedien wees.

11Toe ek nog klein was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind. Maar noudat ek volwasse is, het ek die dinge van ’n kind ontgroei.

12Nou sien ons dinge nog net vaagweg soos in ’n dowwe spieël, maar eendag sal alles vir ons glashelder wees. Nou verstaan ek net ten dele, maar eendag sal ek ten volle verstaan, net soos God my nou ten volle verstaan.

13Al wat altyd sal bly, is geloof, hoop en liefde — hierdie drie. Maar die grootste hiervan bly steeds die liefde!

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for 1 Corinthians 13.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.