Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

1 Kings 4

:
Afrikaans - NLV
1 Koning Salomo het nou oor die hele Israel regeer.
2 Sy hoofamptenare was die volgende: Asarja seun van Sadok was die hoëpriester.
3 Eligoref en Agija, die seuns van Sisa, was hofsekretarisse. Josafat seun van Agilud was die geskiedskrywer.
4 Benaja seun van Jojada was opperbevelvoerder van die leër. Sadok en Abjatar was die priesters.
5 Asarja seun van Natan was oor die streekbestuurders. Sabud seun van Natan was ’n priester en die koning se persoonlike raadgewer.
6 Agisar was die paleisopsigter. Adoniram seun van Abda was oor die dwangarbeiders.
7 Salomo het ook twaalf streekbestuurders deur die hele Israel aangestel om lewensmiddele vir die koning en sy huishouding in te samel. Elkeen was verantwoordelik vir die voorraad van een maand in die jaar.
8 Die name van die twaalf streekbestuurders was: Ben-Gur in die bergland van Efraim.
9 Ben-Deker in Makas, Saälbim, Bet-Semes en Elon-Bet-Ganan.
10 Ben-Gesed in Arubbot, insluitend Soko en die hele Geferstreek.
11 Ben-Abinadab in die bergland van Dor. Hy was getroud met Tafat, een van Salomo se dogters.
12 Baäna seun van Agilud in Taänak en Megiddo en ook in Bet-San, wat grens aan Saretan onderkant Jisreël, vanaf Bet-San tot by Abel-Megola en tot anderkant Jokmoam.
13 Ben-Geber in Ramot-Gilead, asook die tentdorpe van Jaïr seun van Manasse in Gilead, die Argobgebied van Basan, asook 60 ommuurde stede met poortgrendels van brons.
14 Aginadab seun van Iddo in Maganajim.
15 Agimaäs in Naftali. Hy was getroud met Basemat, ’n ander dogter van Salomo.
16 Baäna seun van Gusai in Aser en Alot.
17 Josafat seun van Paruag in Issaskar.
18 Simeï seun van Ela in Benjamin.
19 Geber seun van Uri in die Gileadstreek waar Sihon koning was van die Amoriete, en Og die koning van Basan. Daar was net een bestuurder in hierdie streek.
20 Die inwoners van Juda en Israel was so baie soos die sand by die see. Hulle het genoeg gehad om te eet en te drink, en was gelukkig en tevrede.
21 Koning Salomo het regeer oor al die koninkryke vanaf die Eufraatrivier tot by die land van die Filistyne, en so ver suid as die grens van Egipte. Hierdie lande het belasting aan Salomo betaal en was aan hom onderdanig solank hy gelewe het.
22 Die daaglikse kosvoorraad vir Salomo se paleis was vyf ton fynmeel en tien ton broodmeel,
23 tien vetgemaakte beeste, twintig beeste uit die veld, 100 kleinvee, asook takbokke, gemsbokke, ribbokke en vetgemaakte pluimvee.
24 Salomo se ryk het al die koninkryke wes van die Eufraatrivier ingesluit, vanaf Tifsag tot by Gasa. Deur die hele landstreek het daar vrede geheers.
25 Gedurende die leeftyd van Salomo het Juda en Israel in veiligheid gelewe. Vanaf Dan in die noorde tot by Berseba in die suide het hulle veilig gewoon, elkeen met sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom.
26 Salomo het 4 000 stalle vir sy strydwaens se perde gehad en 12 000 ryperde.
27 Die streekbestuurders het elkeen een maand per jaar gesorg dat daar genoeg kos vir koning Salomo en sy hofhouding was.
28 Hulle het ook gars en hooi vir die ryperde en die trekperde op die bestemde plekke besorg.
29 God het vir Salomo baie wysheid en onderskeiding gegee, en ook kennis wat soos die sand aan die see nie gemeet kan word nie.
30 Trouens, sy wysheid het dié van die wyse manne van die ooste en dié van Egipte ver oortref.
31 Hy was wyser as enigiemand anders, meer as Etan die Esragiet en Heman, Kalkol en Darda, die seuns van Magol. Sy naam het bekend geword onder al die omliggende nasies.
32 Hy het 3 000 spreuke geskryf en 1 005 liedere gedig.
33 Hy kon met gesag praat oor bome en plante, van die groot seders van die Libanon tot die kleinste hisop wat uit die mure groei. Hy kon ook praat oor diere, voëls, reptiele en visse.
34 Mense het van oral af gekom om na die wysheid van Salomo te luister. Al die konings van die wêreld wat van sy wysheid gehoor het, het gesante gestuur.