Song of Solomon 6DB

1Jy is die allermooiste van die vroue, maar waar is jou liefling dan? Sê ons, dan help ons jou soek.

2Hy is na sy tuin toe waar die lekkerruikkruie groei. Daar wei sy kudde terwyl hy die lelies pluk.

3My geliefde is myne, net myne. En ek is syne, net syne. Julle sal hom by die lelies vind waar hy sy kudde laat wei.

4My liefste, jy is so asemrowend soos Jerusalem, so mooi soos die stad Tirsa en so indrukwekkend soos ’n weermag met swaaiende vaandels.

5Kyk weg van my, my liefste, want jou oë verkrummel al my weerstand. Jou mooi golwende hare lyk soos bokke wat teen die heuwels van Gilead afhuppel.

6Jou tande is so wit soos ’n trop skape wat so pas gewas is. Bo en onder pas elke tand op mekaar.

7Jou wange gloei agter jou sluier soos twee rooi granate.

8Al is daar 60 vroue, almal koninginne, of 80 byvroue of talle ander jong vroue om my,

9dan kies ek jóú nog bo almal, my liefste. Jy is jou ma se lieflingskind en die mooiste van alle vroue. Koninginne, byvroue en jongmeisies moet jou skoonheid prys.

10“Wie is sy?” sal hulle vra. “Sy is so verruklik soos die vroeë oggend, so wondermooi soos die volmaan, so stralend soos die gloeiende middagson en so asemrowend soos soldate wat hulle baniere rondswaai.”

11Ek is na my tuin toe waar die neutebome staan. Ek wou sien of die palms al blom, die wingerd al uitloop en die granate se bloeisels al bot.

12En daar het ek na my geliefde verlang soos die drywer van ’n strydwa na ’n oorlog.

13Kom, nooientjie van Sullam, kom dans hier vir ons. Kom, sodat ons mooi kan kyk hoe jy lyk. Wat is daar te sien aan die Sullamitiese meisie wat tussen die mense deur dans?

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Song of Solomon 6.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.