Psalms 6DB

1***

2Here, moet my nie straf as U kwaad is nie; moet my nie slaan as U woedend is nie.

3Wees goed vir my, Here, want ek word al hoe swakker. U moet my asseblief gesond maak, Here, want my liggaam is besig om in te gee.

4Ek is lam van moedeloosheid. Wat gaan U hieraan doen, Here? Hoe lank gaan dit nog so aanhou?

5Draai na my toe om, Here! Red my van hierdie swaarkry! U het tog u kinders baie lief.

6Mense wat dood is, kan U mos nie meer onthou nie. Onder die grond tussen die dooies is dit doodstil. Niemand prys U meer daar nie.

7Ek kan nie meer huil of kla nie; my kragte is op. In die nag huil ek my kussing nat. My hele bed is later nat van die trane. Al die pyn en hartseer maak my gedaan.

8Ek is moedeloos. Daardie spul wat niks van my hou nie, tap al my kragte.

9Julle wat my so sleg behandel, gee pad! Die Here luister na my gebed wanneer ek huil.

10Die Here het gehoor toe ek huilend by Hom pleit. Hy aanvaar my gebed.

11Daarom help Hy my. Almal wat niks van my hou nie, sal in die skande kom. Hulle sal vinnig en vol skaamte van my af padgee.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 6.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.