Psalms 56DB

1***

2Wees goed vir my, God, want daar is mense wat my in die grond in wil trap; hulle voer die hele dag deur ’n stryd teen my. Hulle maak die lewe vir my bitter moeilik.

3Hulle jaag my die hele dag. Daar is baie trotse mense wat teen my baklei.

4As ek begin bang word, Here, besluit ek net daar om op U te vertrou.

5Ek prys God vir sy belofte dat Hy my sal help. Op Hom vertrou ek sonder om bang te wees. Mense kan niks aan my doen nie. Hulle is maar klein en swak.

6Daardie slegte mense is oneerlik. Hulle verdraai aanmekaar wat ek sê; hulle dink die hele tyd slegte planne uit om my seer te maak.

7Hulle hou my dop vir ’n geskikte geleentheid om my dood te maak.

8Sal hulle loskom met al die verkeerde dinge wat hulle doen? Nee, laat almal wat U nie dien nie, tot ’n val kom, o God! Laat hulle u woede voel.

9U weet deur hoeveel pyn en hartseer ek al is. My trane sal ’n dam volmaak. U het daarvan boek gehou, U weet.

10As ek U die dag om hulp kom vra, sal almal wat nie van my hou nie weghardloop. Ek weet dat God aan my kant is. Hy staan by my.

11Ek prys God omdat Hy belowe het dat Hy my sal help. Ek loof die Here. Hy hou sy woord.

12Ek vertrou op God; daarom is ek nie bang nie. Mense kan niks aan my doen nie!

13God, aan U het ek ook beloftes gemaak. Ek sal dit nakom. Ek wil U loof om dankie te sê dat U my help.

14Dis wat ek vir U wil terugdoen, want U het my uit die dood gered. U het my gehelp om saam met U op die pad van die lewe te bly, al was dit baie moeilik. U het my in die lewe gehou.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 56.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.