Psalms 54DB

1***

2***

3God, red my, asseblief! U is baie sterk. Laat die regte dinge met my gebeur.

4God, help my wanneer ek tot U bid. Moet my nie ignoreer as ek by U kom hulp vra nie.

5Mense wat ek nie ken nie, probeer my onderkry. Mense wat geweld gebruik, wil my doodmaak. Vir God het hulle geen respek nie.

6Gelukkig help God my altyd! Die Here hou my lewe in sy hand vas.

7Hy sal die kwaad wat mense my wil aandoen, op hulle eie koppe laat neerkom. Omdat U goed is vir u kinders, vra ek dat U hulle sommer vinnig van die aarde afvee.

8Ek wil graag vir U iets doen om vir U dankie te sê, selfs meer as wat U vra: ek wil U kom loof, Here, want U is baie goed vir al u kinders.

9U het my uit my nood gered. U het vir my gewys hoe mense wat my wou doodmaak, self sleg daarvan afkom.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 54.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.