Psalms 52DB

1***

2***

3Jy dink jy is baie goed, nè! Jy spog oor die slegte dinge wat jy doen. Maar God sorg nog altyd vir my.

4Jy maak heeldag planne om ander se lewe deurmekaar te krap. Jy spesialiseer in leuens. Jy wil ander seermaak met elke woord wat jy sê.

5Jy kies eerder die slegte as die goeie. Jy lieg eerder as om die waarheid te praat.

6Jy kry lekker as jy ander seermaak met wat jy sê, jou leuenaar.

7Maar God sal jou jou verdiende loon gee. Hy sal jou uit jou blyplek pluk en jy sal in die dood beland.

8Die mense wat doen wat God vra, sal dit sien en vol ontsag vir God wees. Hulle sal lekker vir jou lag en spottend sê:

9“Kyk wat gebeur met iemand wat sonder God wil leef. Hy het gedink geld kan vir hom alles koop. Hy het sterk geword deur ander te vernietig.”

10Maar ek is by God. Daar is ek soos ’n boom wat welig groei. Ek weet God sal altyd na my omsien. Hy sal vir my sorg.

11Ek sal altyd vir U met my hele hart dankie sê vir alles wat U vir my doen. U is so wonderlik goed vir my. Saam met u kinders sal ek U loof.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 52.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.