Psalms 47DB

1***

2Wees saam met ons bly. God maak ons so bly! Ons loop oor van al die wonderlike dinge wat ons oor Hom wil sê. Ons wil dit uitsing, ons wil daaroor juig, ons wil aan God al die lof gee wat ons kan.

3Hoe ongelooflik groot is ons Here, die Allerhoogste! Niks en niemand kan met Hom vergelyk word nie.

4Hy regeer oor alles. Wat Hy wil hê, gebeur net so. Ons vyande het geen kans teen Hom nie; met gemak vee Hy hulle eenkant toe.

5Maar vir ons, sy kinders, kies Hy die pragtigste land, want Hy het ons lief.

6Soos ’n koning wat na sy troon toe stap terwyl die mense hom hardop toejuig, so juig ons oor die Here as Hy na ons toe kom.

7Sing, maak God groot met elke lied. Ja, sing en moenie ophou nie, want God is jou koning.

8Hy heers oor alles. Daarom moet ons liedere sing wat vertel hoe groot Hy is.

9Hy heers oor elke mens, belangrik of onbelangrik, want Hy is die Here wat regeer.

10Regeerders, heersers, ja, al die belangrikste mense sal by God kom staan omdat hulle graag sy mense wil wees. Hy is Abraham se God. Hoe groot is God nie; Hy heers oor al die heersers. Niks en niemand is so groot soos Hy nie.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 47.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.