Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 4

:
Afrikaans - DB
1 ***
2 God wat my red, help my asseblief wanneer ek by U hulp kom vra! U sorg altyd vir my. U het in die verlede uitkoms gee. In ’n krisis het U ’n sagte hart. Wees asseblief goed vir my. Luister na my gebed.
3 Julle slegte spul, hoe lank gaan julle my naam nog deur die modder sleep? Hoe lank gaan julle oneerlik wees en aanhou lieg? Maak oop julle oë!
4 Besef dat die Here baie omgee en wonders doen vir mense wat agter Hom aanloop. Hy help my wanneer ek by Hom hulp kom vra.
5 Wanneer jy kwaad word, moenie dan verkeerde dinge doen nie. Gaan op jou bed en dink wat jy gedoen het. Word rustig! Bly stil.
6 Dien die Here met oorgawe! Vertrou op Hom.
7 Jy het al baie mense hoor sê: “Wanneer sal dit weer met ons goed gaan?” Help tog, Here! Kyk na ons kant toe.
8 Daar is niks wat my blyer maak as wanneer U my help nie. Ek is blyer daaroor as wat ander bly word oor miljoene rande, oorsese reise of blink motors.
9 As ek in die aand bed toe gaan, kan ek sonder bekommernis aan die slaap raak. En ek raak dadelik aan die slaap, want by U voel ek veilig. U alleen beskerm my.