Psalms 28DB

1Ek bid ernstig tot U, Here. U beskerm my. Moenie stilbly en my laat voel of ek teen die dak vasbid nie. As U my nie help nie, sal ek so goed soos dood wees.

2Help my tog as ek by U pleit. Ek het u hulp dringend nodig. Ek lig my hande op na U in u woonplek.

3Moet my nie laat doodgaan saam met mense wat nie in U glo nie. Hulle doen verkeerde dinge. Hulle is skynheilig. Hulle praat mooi woordjies, maar agteraf dink hulle slegte goed uit.

4Straf hulle vir die slegte dinge wat hulle aanvang. Laat hulle boet. Betaal hulle met gelyke munt terug vir wat hulle doen.

5Want hulle sien nie raak wat die Here alles op aarde doen nie. Daarom sal Hy slegte mense se lewe verpletter. Hulle steur hulle nie aan wat Hy doen nie.

6Kom prys die Here, want Hy het my gehelp toe ek na Hom geroep het.

7Die Here gee my krag. Hy beskerm my. Ek het op Hom vertrou en Hy het my gehelp. Daarom is ek baie bly. Ek sal ’n lied sing om Hom te prys.

8Die Here gee sy kinders krag. Hy beskerm en help leiers wat Hom vra om by hulle te wees.

9Help u kinders, Here. Laat hulle wat aan U behoort, genoeg hê om van te leef. Sorg vir hulle soos ’n herder vir sy skape omgee. Tel hulle op en dra hulle elke dag.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 28.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.