Psalms 15DB

1Here, watter mens mag voor U kom staan? Wie mag in u huis instap, daar waar U spesiaal teenwoordig is?

2Iemand wat so optree dat U heeltemal tevrede is met wat hy doen, mag daar kom; ja, hy wat reg doen, wat U wil hê. So iemand praat altyd die waarheid.

3Hy skinder nie en praat nie sleg oor ander nie, en steek ook nie sy vriend in die rug nie. Dit is iemand wat nie dinge sê wat iemand anders seermaak nie.

4Hy hou ook nie van mense van wie God nie hou nie. Maar God se vriende is ook sy vriende; van hulle hou hy. Hy hou sy woord, al kos dit hom soms duur.

5Hy leen nie sy geld teen rente uit nie. Hy laat hom ook nie omkoop om verkeerde dinge te doen en onskuldiges te benadeel nie. Wie hierdie dinge doen, sal altyd vas bly staan.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 15.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.