Psalms 144DB

1Ek wil vir die Here baie dankie sê. Hy beskerm my. Hy leer my hoe om oorlog te maak.

2Hy is goed vir my en beskerm my. Hy hou my veilig en help my as dit nodig is. By Hom voel ek veilig. Hy laat my mense aan my gehoorsaam wees.

3Here, wat is ’n mens dat U U aan hom steur?

4Die mens is soos ’n skaduwee. Sy lewe is nie lank nie.

5Here, kom tog na ons toe. Raak aan die berge sodat daar rook uit hulle trek.

6Laat u weerlig soos pyle slaan sodat u vyande in alle rigtings weghardloop.

7Red my van die spul vreemde mense

8wat net lieg en bedrieg, soos U iemand uit ’n magtige rivier sou red.

9Ek wil ’n lied sing wat ek spesiaal net vir U geskryf het, o God. Met musiekinstrumente wil ek u Naam grootmaak.

10U laat konings wen; U keer dat koning Dawid iets oorkom.

11Help my asseblief teen die klomp vreemde mense wat net lieg en bedrieg. Wees baie goed vir ons kinders.

12Laat ons seuns sterk word soos jong bome en ons dogters soos die mooiste pilare in die paleis wees.

13Laat ons skure vol wees van die oes en ons skape en bokke by die tienduisende aanteel en ons beeste baie kalwers hê.

14Mag ons vyande nooit ons stad inneem en ons as gevangenes daaruit weglei nie. Mag ons mense nooit in die stad skree omdat hulle daar bang is nie.

15Die volk met wie dit so gaan, is baie gelukkig. Ja, gelukkig is die volk wie se God die Here is.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 144.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.