Psalms 126DB

1Toe die Here Israel uit die kloue van ’n vreemde volk gered het, was sy kinders baie bly. Vir ons was dit soos ’n droom wat waar geword het.

2Ons het aanmekaar gelag en gepraat, so bly was ons. Almal, selfs dié wat nie die Here dien nie, het dit raakgesien en gesê: “Die Here het wonderlike dinge vir sy kinders gedoen.”

3Ja, die Here het wonderlike dinge vir ons gedoen en ons was baie bly.

4Nou is ons weer in die nood. Here, keer asseblief ons situasie heeltemal om. U kan ’n droë woestyn in ’n pragtige blommeland verander. Vat so ons probleme heeltemal weg.

5Die Here kan hartseer in blydskap verander. Trane van pyn kan Hy in gelag van blydskap verander.

6Al werk ’n boer hard, is hy bly as hy ’n groot oes insamel. So verander swaarkry in blydskap.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 126.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.