Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 107

:
Afrikaans - DB
1 vir die Here baie dankie met al julle liedere, want Hy is goed. Ja, Hy het sy kinders altyd lief!
2 Dit moet mense as die Here hulle uit die moeilikheid help; ja, almal wat Hy uit nood gered het, moet so sê.
3 Dit maak nie saak uit watter land of van waar hulle kom nie.
4 Party mense sukkel in die lewe; hulle weet nie watter kant toe nie. Dis of hulle in die woestyn verdwaal het. Nêrens kan hulle rus vind nie. Hulle wil graag gelukkig wees.
5 Hulle soek oplossings, maar kry niks. Dit maak hulle moedeloos. Hulle het geen krag oor nie.
6 In hulle nood het hulle die Here gevra om te help. Hy het hulle uit daardie moeilikheid gehelp.
7 Hy het hulle gehelp om weer gelukkig te wees. Sy hulp het hulle weer nuwe koers in die lewe gegee.
8 Nou hulle vir die Here baie dankie vir sy liefde. Hulle loof Hom vir die wonderlike dinge wat Hy doen.
9 Ja, Hy het gesien mense het Hom nodig en Hy het hulle uit die moeilikheid gehelp. Hy gee vir hulle meer as wat hulle nodig het.
10 Daar is mense wat in baie groot moeilikheid is. Dit lyk of hulle in ’n pikdonker plek vasgekeer is. Hulle is vas en kan nie uitkom nie. Dit het vir hulle gevoel of hulle swaarkry hulle soos in ’n tronk vashou.
11 Hulle het nie na God geluister nie. Hulle het nie gedoen wat die Allerhoogste van hulle gevra het nie.
12 Hy het toegelaat dat ander hulle verneder. Hy het hulle soos vloerlappe laat werk. So het alles vir hulle inmekaargeval. Daar was niemand om hulle te help nie.
13 In hulle nood het hulle die Here gevra om asseblief te help. Hulle het na Hom geroep. Hy het hulle uit daardie moeilikheid bevry.
14 God het hulle donkerte in lig verander. Hy het hulle uit die tronk uit laat stap as vry mense.
15 Nou prys hulle die Here vir sy liefde. Hulle vir Hom baie dankie vir die wonderlike dinge wat Hy doen.
16 Ja, die Here se krag is baie groot. Hy breek die greep van die donkerste krisis. Niks is sterker as Hy nie.
17 Daar is dwase wat baie dom dinge doen. Deur verkeerde dinge te doen het hulle hulleself in groot swaarkry gedompel. Hulle was baie siek.
18 Alle soorte kos het hulle naar gemaak. Hulle het by die dood omgedraai.
19 In hulle swaarkry het hulle die Here gevra om te help. Hy het hulle gehelp.
20 Die Here het net een woord gesê, en toe word hulle gesond. So het Hy hulle uit die dood se kloue gered.
21 Nou prys hulle die Here vir sy liefde. Hulle vir Hom baie dankie vir die wonderlike dinge wat Hy doen.
22 Hulle sal opgewonde bly vertel van alles wat die Here gedoen het. Hulle moet vir Hom aanhou dankie sê.
23 Partymaal beland mense in groot gevaar op die see. Hulle klim in klein skepies om handel te gaan dryf.
24 Hulle sien dan wat die Here doen. Hulle besef watter wonderlike dinge Hy ver van die land af laat gebeur.
25 Daar in die diepsee Hy net een woord, dan kom daar ’n groot storm op.
26 Die water slaan meters hoog bokant hulle ou skepies. Eers skiet die golwe die ou skepies hoog in die lug in op. Hulle vlieg byna tot by die wolke. Dan laat val hulle hulle tot op die bodem van die see. Die mense word baie bang.
27 Hulle word seesiek. Soos dronk mense word hulle heen en weer geslinger. Hulle kan nie eens dink wat om te doen nie. Almal is deurmekaar. Hulle is baie bang.
28 In hulle nood het hulle die Here gevra om te help. Hy het hulle uit daardie moeilikheid gehelp.
29 Hy het die storm stilgemaak. ’n Mens kan die klank van stilte hoor. Al die hoë golwe het gaan lê.
30 Die mans was baie bly toe die storm bedaar het. Daarvandaan het God hulle veilig laat vaar tot by die volgende hawe.
31 Nou prys hulle die Here vir sy liefde. Hulle vir Hom baie dankie vir die wonderlike dinge wat Hy vir mense doen.
32 Waar al sy kinders bymekaarkom, sal hulle sy Naam grootmaak. In die byeenkoms waar die leiers ook is, sal hulle vertel wat Hy gedoen het. Hulle sal Hom bewonder. Die Here is baie sterk.
33 Hy het riviere in droë woestyne verander. Fonteine het Hy heeltemal laat opdroog. Daar het net ’n kaal stuk grond oorgebly.
34 Vrugbare grond het Hy heeltemal onvrugbaar gemaak. Slegte mense het daar gebly. Dit is hulle skuld. Hulle het verkeerde dinge gedoen. Toe straf die Here hulle.
35 Tog verander die Here die woestyn in ’n waterryke land. Droë gebiede omskep Hy in waterplasse en fonteine.
36 Daar gee Hy kos vir mense wat niks het om te eet nie. Rondom die water begin alles lewe. Mense trek daarheen om daar te bly. Gou-gou is daar ’n dorpie.
37 Die mense begin plant en saai. Wingerde wat hulle aangelê het, begin druiwe dra.
38 Die Here is baie goed vir hulle. Hy het vir hulle goeie dinge gegee. Die dorpie het gegroei. Die mense het al hoe meer geword. Hulle vee het aangeteel en baie geword.
39 Maar hulle het weer minder geword. Hulle was moedeloos. Ander mense het hulle sleg behandel. Ongelukke het hulle begin tref. Hulle probleme het net te veel vir hulle geword.
40 Die Here sien dit alles raak. Hy straf die magtige leiers en laat toe dat ander hulle verneder. Wanneer hulle doen wat Hy nie wil nie, sorg Hy dat ander op hulle neersien. Hy sal hulle koers laat verloor. Hulle sal nie meer gelukkig wees nie.
41 Die Here beskerm mense wat sy hulp nodig het. Hy keer dat ander hulle onderdruk. Hy sorg vir hulle en hulle kinders. Soos ’n herder na sy kudde skape omsien, so versorg Hy hulle.
42 Elkeen wat die Here dien, weet wat Hy vir sy kinders doen. Hulle is baie bly. Die Here stop slegte dinge. Hy laat dit verdwyn.
43 As iemand die lewe wil verstaan of gelukkig wil wees, moet hy hierdie dinge ernstig opneem. Hy moet raaksien dat die Here sy kinders baie liefhet.