Numbers 34DB

1Die Here het vir Moses gesê:

2“Sê vir die Israeliete Ek gee vir hulle die hele land Kanaän om in te bly, dit behoort nou aan hulle. Die grense van die land lyk so:

3“Julle suidgrens strek van die Sinwoestyn af tot teen Edom. Aan die oostekant begin hierdie grens by die suidelike punt van die Dooie See,

4daarvandaan draai dit suid van Skerpioenpas af weg in die rigting van Sin. Daarvandaan gaan dit suid van Kades-Barnea af tot by Gasar-Addar en verby tot by Asmon,

5waar dit wegdraai en al met die kloof wat die grens met Egipte vorm, langs strek tot by die Middellandse See.

6“Die Middellandse See vorm die wesgrens van julle land.

7“Aan die noordekant loop die grens van die Middellandse See af tot by die berg Hor,

8en van daar af tot by die kloof deur Hamat. Daarvandaan loop die grens na Sedad toe

9en verder tot by Sifron en Gasar-Enan. Dit is die noordgrens.

10“Die oostelike grens loop van Gasar-Enan af tot by Sefam.

11Die grens loop dan van Sefam af tot by Ribla, oos van Ajin, en daarvandaan deur die berge teen die oostelike oewer van die Meer van Gennesaret en dan al met

12die Jordaanrivier langs tot by die Dooie See. Dit is hoe die grense van julle land lyk.”

13Moses het vir die Israeliete gesê: “Hierdie is die gebied wat die Here gee aan die nege en ’n half stamme wat nog nie grond gekry het nie. Julle moet lootjies trek om te sien wie watter deel kry as hulle eiendom.

14[14-15] Die stamme van Ruben en Gad en die halwe Manassestam het mos reeds hulle grond aan die oostekant van die Jordaanrivier regoor Jerigo gekry.”

15***

16Verder het die Here vir Moses gesê:

17[17-18] Die mense wat verantwoordelik is daarvoor om toe te sien dat die land regverdig verdeel word, is die priester Eleasar en Josua saam met ’n leier uit elke stam.

18***

19[19-28] Die name van hierdie leiers is: Stam Leier Juda — Kaleb, die seun van Jefunne Simeon — Samuel, die seun van Ammihud Benjamin — Elidad, die seun van Kislon Dan — Bukki, die seun van Jogli Manasse — Ganniël, die seun van Efod Efraim — Kemuel, die seun van Siftan Sebulon — Elisafan, die seun van Parnak Issaskar — Paltiël, die seun van Assan Aser — Agihud, die seun van Selomi Naftali — Pedael, die seun van Ammihud

20***

21***

22***

23***

24***

25***

26***

27***

28***

29Dit is die leiers aan wie die Here die opdrag gegee het om die grond in Kanaän onder die Israeliete te help verdeel.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Numbers 34.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.