Isaiah 20DB

1In die jaar toe koning Sargon van Assirië die Filistynse stad Asdod aangeval en ingeneem het,

2het die Here vir Jesaja die seun van Amos gesê: Trek al jou klere uit, tot jou sandale ook. Jesaja het dit gedoen en sonder klere en sandale rondgeloop.

3Toe Asdod ingeneem is, het die Here gesê: My dienaar Jesaja loop nou al die afgelope drie jaar sonder klere en sandale rond soos ’n gevangene. Dit is ’n teken van presies wat met Egipte en Etiopië gaan gebeur.

4Die koning van Assirië sal hierdie twee lande se mense gevange neem en hulle voor die voet, oud en jonk, kaal en sonder sandale aan hulle voete as ballinge wegvoer. Almal sal die kaal sitvlakke sien. Dit is die skande wat Egipte sal oorkom.

5Dié wat op Etiopië se hulp gereken het en grootgepraat het oor alles wat Egipte vir hulle sou doen, sal teleurgestel staan, sonder hoop.

6Dan sal die Filistyne wat langs die Middellandse See bly, sê: “As dit met Egipte kan gebeur, watter kans het ons teen die koning van Assirië? Dit is verby met ons!”

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 20.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.