Isaiah 15DB

1Hier is ’n aankondiging van die Here oor Moab se straf: Julle twee stede Ar en Kir sal in een nag verwoes word en daar sal ’n doodse stilte oor Moab hang.

2Die inwoners van Dibon gaan na hulle heiligdomme toe om oor die lot van Nebo en Medeba te treur, hulle huil oor Moab. Almal het hulle hare en baarde afgeskeer as ’n teken van rou.

3Hulle loop in die strate rond met hulle growwe rouklere. Hulle sit op die plat dakke van hulle huise en huil kliphard, hulle loop op die pleine van hulle stede rond en treur.

4Die hartseer krete van Gesbon en Elale kan tot in Jahas gehoor word. Selfs Moab se soldate sal bang word en skreeu van vrees, want hulle moed het hulle begeef.

5Ek is verskriklik ontsteld oor Moab. Sy mense is op vlug na Soar en Eglat-Selisija. Hulle loop huil-huil teen die bergpas uit op pad na Lugit toe. Dié wat op pad is Goronajim toe, loop hardop en huil oor die ramp wat hulle getref het.

6Die stroom van Nimrim wat altyd oorloop van die water, is nou so droog soos ’n woestyn. Al die gras en plante het verdroog, daar is nie meer sprake van weiding nie.

7Die desperate vlugtelinge probeer om met soveel besittings as wat hulle kan oor die Wilgerspruit te kom.

8Hulle gehuil kan deur die hele Moab gehoor word, van Eglaim in die suide tot by Beër-Elim in die noorde.

9By Dibon is die rivier se water al rooi van die bloed, maar Ek gaan nog erger rampe oor die stad bring, sê die Here. Ek gaan leeus onder die oorlewendes uit Moab instuur. Daar sal niemand in die land oorbly nie.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 15.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.