Ecclesiastes 11DB

1Waag soms ’n kans met ’n belegging. Wie weet, dit verras jou dalk nog eendag.

2Versprei dit net oor ’n paar plekke, want ’n mens weet nooit watter teëspoed jou nog in hierdie land kan tref nie.

3Alles is vooraf bepaal. As die wolke vol reën is, sal hulle dit op die aarde uitgiet. En as ’n boom afgekap word, sal dit op die bestemde plek val. Of dit nou noord of suid is, maak nie saak nie. Dit sal op die regte plek val.

4Moenie heeltyd die wind dophou en na die wolke opkyk nie, want die reën sal op sy bepaalde tyd kom. Werk liewer voluit voort.

5Soos jy nie weet hoe lewe in ’n vrou wat verwag se buik ontstaan nie, net so min verstaan ’n mens die werk van God.

6Saai in die oggend, maar ook in die aand, want jy weet nooit watter van die twee gaan opkom nie.

7Hoe mooi is lig nie, en hoe lekker die strale van die son!

8As iemand lank leef en oud word, moet hy die lewe geniet. Hy moet egter ook aan die dood dink en onthou dat die tyd na die dood lank gaan duur. Alles is sinloos. Daar is niks om na uit te sien nie.

9Jongmens, geniet daarom jou lewe en wees altyd gelukkig. Gaan oral waar jou hart en jou oë jou lei. Leef altyd voluit. Doen waarvan jy hou. Maar onthou, God sal jou nog oordeel. Jy sal aan Hom rekenskap moet gee van alles wat jy doen.

10Jongmens, verban alle verdriet en pyn uit jou hart, want ’n mens is nie vir altyd jonk nie. Jonkwees kom ook tot niks.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Ecclesiastes 11.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.