1 Chronicles 1DB

1Adam, Set, Enos,

2Kenan, Mahalalel, Jered,

3Henog, Metusalag, Lameg,

4Noag. Noag se seuns was Sem, Gam en Jafet.

5Die nageslag van Jafet: Gomer, Magog, Madai, Jawan, Tubal, Mesek en Tiras.

6Die nageslag van Gomer: Askenas, Rifat en Togarma.

7Die nageslag van Jawan: Elisa, Tarsis, Kittim en die Rodaners.

8Die nageslag van Gam: Kus, Misraim, Put en Kanaän.

9Die nageslag van Kus: Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama: Skeba en Dedan.

10Kus was ook Nimrod se pa. Hy was wêreldwyd bekend as ’n heldhaftige vegter.

11Uit Misraim het gekom die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftugiete,

12Patrosane en die Kaslugiete, uit wie die Filistyne kom, en die Kaftoriete.

13Uit Kanaän het gekom Sidon, sy oudste seun, en verder Het,

14die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete,

15Hewiete, Erekiete, Siniete,

16Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat.

17Die nageslag van Sem: Elam, Assirië, Arpaksad, Lud, Aram, Us, Gul, Geter en Mesek.

18Uit Arpaksad het Selag gekom, en uit Selag Heber.

19Vir Heber is twee seuns gebore. Die een was Peleg, want die land is in sy tyd verdeel. Sy broer was Joktan.

20Uit Joktan het Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,

21Hadoram, Usal, Dikla,

22Obal, Abimael, Skeba,

23Ofir, Gawila en Jobab gekom. Hulle was almal seuns van Joktan.

24Sem, Arpaksad, Selag,

25Heber, Peleg, Reü,

26Serug, Nahor, Tera en

27Abram, oftewel Abraham.

28Abraham se seuns was Isak en Ismael.

29Ismael se nakomelinge was Nebajot, die oudste, en ook Kedar, Adbeël, Mibsam,

30Misma, Duma, Massa, Gadad, Tema,

31Jetur, Nafis en Kedma. Hulle was Ismael se seuns.

32Abraham se byvrou, Ketura, was Simran, Joksan, Medan, Midian, Jisbak en Suag se ma. Joksan se seuns was Skeba en Dedan.

33Midian se seuns was Efa, Efer, Ganok, Abida en Eldaä. Hulle was almal uit Ketura se nageslag.

34Abraham se ander seun was Isak. Isak se seuns was Esau en Israel.

35Esau se seuns was Elifas, Reüel, Jeüs, Jalam en Korag.

36Elifas se seuns was Teman, Omar, Sefo, Gatam, Kenas, Timna en Amalek.

37Reüel se seuns was Nagat, Serag, Samma en Missa.

38Seïr se seuns was Lotan, Sobal, Sibon, Ana, Dison, Eser en Disan.

39Lotan se seuns was Gori en Hemam. Timna was Lotan se suster.

40Sobal se seuns was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam. Sibon se seuns was Aja en Ana.

41Ana se seun was Disan. Disan se seuns was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.

42Eser se seuns was Bilhan, Saäwan en Akan. Dison se seuns was Us en Aran.

43Die volgende konings het in Edom regeer voordat die Israeliete ’n koning gehad het: Bela, seun van Beor. Sy stad se naam was Dinhaba.

44Na Bela se dood het Jobab, seun van Serag, uit Bosra, hom opgevolg.

45Na Jobab se dood het Gusam, uit die land van die Temaniete, hom opgevolg.

46Na Gusam se dood het Hadad, seun van Bedad, hom opgevolg. Hy het die Midianiete in die gebied van Moab verslaan. Sy stad se naam was Awit.

47Na Hadad se dood het Samla van Masreka hom opgevolg.

48Na Samla se dood het Saul van Regobot-aan-die-Rivier hom opgevolg.

49Na Saul se dood het Baäl-Ganan, seun van Akbor, hom opgevolg.

50Na Baäl-Ganan se dood het Hadar hom opgevolg. Sy stad was Paü en sy vrou was Mehetabel, dogter van Matred en ’n kleindogter van Me-Sahab.

51Na Hadar se dood het daar stamhoofde in Edom regeer: Timna, Alwa, Jetet,

52Oholibama, Ela, Pinon,

53Kenas, Teman, Mibsar,

54Magdiël en Iram. Hulle was die stamhoofde van Edom.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for 1 Chronicles 1.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.