Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 149

:
Afrikaans - CAB23
1 Prys die HERE. Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied en sy lof in die vergadering van die heiliges.
2 Laat Israel bly wees oor Hom wat hom gemaak het; laat die kinders van Sion jubel oor hulle Koning.
3 Laat hulle sy Naam loof in die dans, laat hulle tot eer van Hom sing met tamboeryn en siter.
4 Want die HERE het 'n welbehae in sy volk; Hy sal die sagmoediges met verlossing versier.
5 Laat die heiliges juig in heerlikheid; laat hulle sing op hul beddens.
6 Laat die lof van God in hulle mond wees en 'n tweesnydende swaard in hulle hand;
7 om wraak te oefen op die heidene en straf op die volke;
8 om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;
9 om aan hulle die oordeel te voltrek wat geskrywe is: hierdie eer het al sy heiliges. Prys die HERE.