Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 113

:
Afrikaans - CAB23
1 Prys die HERE. Prys, o knegte van die HERE, loof die Naam van die HERE.
2 Geloofd sy die Naam van die HERE van nou af tot in ewigheid.
3 Van die opgang van die son af tot die ondergang daarvan moet die Naam van die HERE geloof word.
4 Die HERE is hoog bo al die nasies, en sy heerlikheid bo die hemel.
5 Wie is soos die HERE onse God, wat in die hoogte woon,
6 wat homself verneder om te aanskou wat in die hemel en op die aarde is!
7 Hy laat die arme uit die stof oprig en die behoeftige uit die mishoop lig;
8 sodat hy hom by vorste kan stel, ook by die vorste van sy volk.
9 Hy laat die onvrugbare vrou huishou en 'n blye moeder van kinders wees. Prys die HERE.