Song of Solomon 7AFR83

1“Jou voete is so mooi in jou skoene, edel dogter, die rondings van jou heupe is soos juwele wat deur kunstenaarshande gemaak is.

2Jou naeltjie is 'n ronde kom waarin die kruiewyn nie ontbreek nie. Jou maag is 'n hoop koring met lelies omring.

3Jou twee borste is soos takboklammers, soos die tweeling van 'n ribbok.

4Jou nek is soos 'n toring van ivoor, jou oë soos die damme by Gesbon, by die poort van dié groot stad. Jou neus is soos die toring op Libanon wat na Damaskus toe kyk.

5Jou kop is soos die Karmel, jou hare soos rooi wol, jou haarlokke bekoor die koning.

6“Jy is so mooi, so bekoorlik, liefste, met soveel wat geniet kan word.

7Jou slanke gestalte is soos 'n palmboom, jou borste soos druiwetrosse.

8Ek dink ek gaan teen die palmboom opklim en sy trosse blomme gryp. Laat jou borste vir my soos trosse druiwe wees, die reuk van jou neus soos dié van appels,

9jou mond soos goeie wyn wat glad na binne gly vir die man wat jy liefhet, wat tussen sy lippe en sy tande deur vloei.”

10“Ek behoort aan die man wat ek liefhet en dit is na my dat hy smag.

11Kom, man wat ek liefhet, kom ons gaan veld toe, kom ons gaan slaap in die dorpies;

12ons gaan vroeg smôrens na die wingerde toe, ons gaan kyk of die wingerdstokke bot, of die botsels oop is en die granaatbome bloei. Daar sal ek my liefde vir jou gee.

13“Die liefdesappels versprei hulle geur; daar is allerlei keurige vrugte by ons deur, vars en oud; ek het hulle vir jou gebêre, man wat ek liefhet.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Song of Solomon 7.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.