Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Song of Solomon 7

:
Afrikaans - AFR83
1 “Jou voete is so mooi in jou skoene, edel dogter, die rondings van jou heupe is soos juwele wat deur kunstenaarshande gemaak is.
2 Jou naeltjie is 'n ronde kom waarin die kruiewyn nie ontbreek nie. Jou maag is 'n hoop koring met lelies omring.
3 Jou twee borste is soos takboklammers, soos die tweeling van 'n ribbok.
4 Jou nek is soos 'n toring van ivoor, jou soos die damme by Gesbon, by die poort van dié groot stad. Jou neus is soos die toring op Libanon wat na Damaskus toe kyk.
5 Jou kop is soos die Karmel, jou hare soos rooi wol, jou haarlokke bekoor die koning.
6 “Jy is so mooi, so bekoorlik, liefste, met soveel wat geniet kan word.
7 Jou slanke gestalte is soos 'n palmboom, jou borste soos druiwetrosse.
8 Ek dink ek gaan teen die palmboom opklim en sy trosse blomme gryp. Laat jou borste vir my soos trosse druiwe wees, die reuk van jou neus soos dié van appels,
9 jou mond soos goeie wyn wat glad na binne gly vir die man wat jy liefhet, wat tussen sy lippe en sy tande deur vloei.”
10 “Ek behoort aan die man wat ek liefhet en dit is na my dat hy smag.
11 Kom, man wat ek liefhet, kom ons gaan veld toe, kom ons gaan slaap in die dorpies;
12 ons gaan vroeg smôrens na die wingerde toe, ons gaan kyk of die wingerdstokke bot, of die botsels oop is en die granaatbome bloei. Daar sal ek my liefde vir jou gee.
13 “Die liefdesappels versprei hulle geur; daar is allerlei keurige vrugte by ons deur, vars en oud; ek het hulle vir jou gebêre, man wat ek liefhet.