Psalms 95AFR83

1Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind,

2laat ons na Hom toe gaan met lof, laat ons Hom toejuig met lofsange,

3want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode.

4Die dieptes van die aarde behoort aan Hom, die kruine van die berge is Syne.

5Die see is Syne, Hy het dit gemaak; sy hande het die land gevorm.

6Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper!

7Hy is ons God en ons is sy volk, sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg. As julle vandag maar na Hom wou luister:

8“Moenie hardkoppig wees soos destyds by Meriba, soos die dag by Massa in die woestyn nie,

9waar julle voorvaders My uitgetart en my geduld beproef het, hoewel hulle gesien het wat Ek gedoen het.

10Veertig jaar lank het Ek 'n weersin in daardie geslag gehad, Ek het gesê: ‘Hulle is 'n moedswillige volk, hulle wil my paaie nie ken nie.’

11Daarom het Ek in my toorn 'n eed afgelê dat hulle nooit sou uitkom by die rusplek wat Ek hulle wou gee nie.”

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 95.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.