Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 93

:
Afrikaans - AFR83
1 Die Here is Koning, Hy beklee Hom met majesteit. Die Here beklee Hom, Hy omgord Hom met krag. Die wêreld staan vas, dit wankel nie,
2 en vas staan u troon van ouds af: U is van altyd af daar.
3 Riviere het gedruis, Here, riviere het gedruis, riviere het gedreun,
4 maar hoog bo die geraas van baie waters, hoog bo die golwe van die see, troon die Here in sy koninklike mag.
5 U verordeninge staan baie vas. Heiligheid versier u huis, Here, tot in lengte van dae.