Psalms 84AFR83

1Vir die koorleier: met musiek. Van die Koragiete. 'n Psalm.

2Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige!

3Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God.

4Selfs 'n mossie het 'n nes en 'n swaeltjie 'n plek vir haar kleintjies daar by u altare, Here, Almagtige, my Koning en my God!

5Dit gaan goed met mense vir wie u huis 'n tuiste is: hulle hou nie op om U te prys nie. Sela

6Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind en graag na u tempel toe gaan.

7Vir hulle gaan daar fonteine oop wanneer hulle deur 'n dorre laagte trek en die vroeë reëns sy seëninge bring.

8Keer op keer ontvang hulle nuwe krag totdat hulle voor God in Sion verskyn.

9Here, almagtige God, hoor my gebed, luister tog, God van Jakob! Sela

10Sien tog om na die koning, ons beskermer, o God; hou u gesalfde onder u sorg.

11Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite. Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God as om te woon in huise sonder God.

12Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie.

13Here, Almagtige, dit gaan goed met die mens wat op U vertrou!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 84.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.