Psalms 8AFR83

1Vir die koorleier: met musiek. 'n Psalm van Dawid.

2Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!

3Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.

4As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het,

5wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?

6U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon,

7U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp:

8skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld,

9die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis.

10Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 8.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.