Psalms 76AFR83

1Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.

2God het Hom in Juda bekend gemaak, sy Naam is groot in Israel;

3sy tuiste is in Salem, sy woning op Sion.

4Daar het Hy die brandpyle, die skild en die swaard vernietig, die aanval van die vyand afgeslaan. Sela

5Die glans waarmee U verskyn het, was skitterender as dié op die hoogste berge.

6Die dapper soldate van die vyand is in hulle slaap oorval en geplunder; nie een van die krygsmanne kon 'n hand oplig nie.

7Toe U ingegryp het, God van Jakob, was strydwa en perd daarmee heen.

8As u toorn ontbrand, laat U die mens sidder en beef. Wie kan dan voor U staan?

9Uit die hemel het U u uitspraak bekend gemaak. Die mensdom het bang geword en stilgebly

10toe God gekom het om te oordeel, om al die hulpeloses op die aarde te red. Sela

11Ook die woede van 'n mens dien u lof, selfs die laaste reste van die woede gebruik U in u diens.

12Bring aan die Here julle God die dankoffers wat julle belowe het! Almal rondom Hom moet geskenke bring vir die Ontsagwekkende,

13vir Hom wat die oormoed van maghebbers breek, vir Hom voor wie die konings van die aarde sidder.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 76.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.