Psalms 61AFR83

1Vir die koorleier: met snarespel. Van Dawid.

2Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed.

3Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees.

4U is vir my 'n toevlug, 'n sterk vesting buite bereik van die vyand.

5Laat my by U 'n blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels. Sela

6U, o God, hoor my geloftes, U vervul die wens van hulle wat u Naam eer.

7Laat die koning lank lewe, laat sy lewensjare oor geslagte strek.

8Mag hy sy lewe lank regeer voor God, mag u liefde en trou hom bewaar!

9Dan sal ek u Naam altyd besing en dag na dag my geloftes betaal.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 61.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.