Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 61

:
Afrikaans - AFR83
1 Vir die koorleier: met snarespel. Van Dawid.
2 Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed.
3 Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees.
4 U is vir my 'n toevlug, 'n sterk vesting buite bereik van die vyand.
5 Laat my by U 'n blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels. Sela
6 U, o God, hoor my geloftes, U vervul die wens van hulle wat u Naam eer.
7 Laat die koning lank lewe, laat sy lewensjare oor geslagte strek.
8 Mag hy sy lewe lank regeer voor God, mag u liefde en trou hom bewaar!
9 Dan sal ek u Naam altyd besing en dag na dag my geloftes betaal.