Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 57

:
Afrikaans - AFR83
1 Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig, na aanleiding daarvan dat hy vir Saul in die grot in gevlug het.
2 Wees my genadig, o God! Wees my genadig, want by U soek ek skuiling. Onder u vleuels sal ek skuil tot die bedreiging verby is.
3 Ek roep na God, die Allerhoogste, na God wat my sal help.
4 Hy sal uit die hemel antwoord en my red, Hy sal dié wat my jaag, die stryd laat verloor. Sela God sal antwoord in sy liefde en trou.
5 Ek is hier tussen leeus, tussen mense wat my wil verskeur. Hulle tande is spiese en pyle, hulle tonge is skerp swaarde.
6 Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel, u mag hoog bo die aarde.
7 Hulle het 'n strik vir my voete gespan, hulle wou my breek, hulle het 'n gat vir my gegrawe, maar self daarin geval. Sela
8 Ek voel weer veilig, o God! Ek voel weer veilig! Ek wil 'n lied sing, ja, ek wil sing.
9 Ek wil vroeg opstaan, met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak!
10 Onder die volke wil ek U loof, Here, onder die nasies u lof besing,
11 want u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke!
12 Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel, hoog bo die aarde u mag.