Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 54

:
Afrikaans - AFR83
1 Vir die koorleier: met snarespel. 'n Gedig van Dawid,
2 na aanleiding daarvan dat die Siffiete gekom en vir Saul gesê het: Dawid kruip by ons weg.
3 Red my deur u mag, o God, laat aan my reg geskied deur u krag.
4 Hoor my gebed, o God, luister na my woorde,
5 want vyande staan teen my op, geweldenaars soek my lewe, hulle hou geen rekening met God nie. Sela
6 Maar vir my help God altyd, die Here hou my lewe in stand.
7 Laat die onheil wat my teëstanders beplan, op hulleself neerkom. U is getrou: vernietig hulle.
8 Dan sal ek offers aan U bring, selfs meer as wat U vra, ek sal u Naam loof, Here, want U is goed,
9 U het my uit elke benoudheid gered en my oor my vyande laat triomfeer.