Psalms 54AFR83

1Vir die koorleier: met snarespel. 'n Gedig van Dawid,

2na aanleiding daarvan dat die Siffiete gekom en vir Saul gesê het: Dawid kruip by ons weg.

3Red my deur u mag, o God, laat aan my reg geskied deur u krag.

4Hoor my gebed, o God, luister na my woorde,

5want vyande staan teen my op, geweldenaars soek my lewe, hulle hou geen rekening met God nie. Sela

6Maar vir my help God altyd, die Here hou my lewe in stand.

7Laat die onheil wat my teëstanders beplan, op hulleself neerkom. U is getrou: vernietig hulle.

8Dan sal ek offers aan U bring, selfs meer as wat U vra, ek sal u Naam loof, Here, want U is goed,

9U het my uit elke benoudheid gered en my oor my vyande laat triomfeer.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 54.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.